
Passasier op hantavirus-vaartuig sê dis vreesaanjaend
Loading player...
Die MV Hondius is steeds geanker naby die hawe van Praia, Kaap Verde, terwyl gesondheidsowerhede en die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n bevestigde hantavirus-uitbreking bestuur. Tot dusver is daar drie bevestigde sterftes met 'n Britse passasier wat tans in 'n kritieke maar stabiele toestand in 'n intensiewe sorgeenheid in Johannesburg is. Daar is vyf bykomende vermeende gevalle. Twee bemanningslede aan boord het akute respiratoriese simptome en benodig dringende mediese ontruiming. Die Amerikaanse reis-blogger, Jake Rosmarin is ook aan boord en sê dis vreesaanjaend.

