
Voorlopige verslag oor Aus-vliegongeluk vrygestel
Loading player...
Meer is bekend oor 'n Duitsland-geregistreerde Cessna F172 wat op 29 Maart naby Aus in die Karas-streek neergestort het nadat dit in kraglyne vasgevlieg het. Die vlieënier, 'n 61-jarige Duitse burger met meer as 8 000 uur se vliegervaring, het aan ondersoekbeamptes gesê hy onthou baie min. Hy het met ernstige beserings oorleef maar die passasier het noodlottige beserings opgedoen. Geen vlugplan was ingedien nie. Namibië se Direktoraat van Vliegtuigongeluk- en Voorvalondersoeke het 'n ondersoek begin, met 'n finale verslag wat nog moet volg. Die interimdirekteur van vlugongelukke en insident-ondersoeke Ben Engelbrecht het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

