
Jý kan help met miershooptier-navorsing
Loading player...
Bewaringsnavorsers rig 'n dringende beroep op die publiek om Afrika se kleinste wildekat, die swartpootkat of miershooptier, op te spoor. Die Swartpootkat Navorsingsprojek Namibië waarsku dat 'n gebrek aan bevestigde waarnemings pogings belemmer om die spesie se oorlewingstatus te bepaal. Projekkoördineerder Martina Küsters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die Suider-Afrikaanse wildekat wydverspreid is, sy kleiner verwant, die swartpootkat, steeds kritiek onderrapporteer word.

