‘n Vreedsame betoging teen spoedhobbels wat op die B1 Westelike Verbypad om Windhoek aangebring is, het vanoggend plaasgevind. Dit volg ná aktivis Michael Amushelelo ‘n dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi gebring het om die hobbels te verwyder weens die reuse-verkeersknope wat dit veroorsaak. Regter Gabriel Komboni lewer op 30…
Israel sê Hisbolla se skendings van die skietstaking en voortgesette aanvalle vereis voortdurende operasies in Suid-Libanon. 'n Woordvoerder van die Israelse Weermag, Effie Defrin, sê hulle sal voortgaan om teen bedreigings op te tree, en doen wat nodig is om burgers te beskerm. Defrin sê vier Israelse soldate is dood…
Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug…
Die beplande inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die hoof van intelligensie-ontleding, generaal-majoor Nozipho Madondo, is weens nasionale veiligheidskwessies afgelas. Die twee sou hulself Vrydag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria oorgee op aanklagte van bedrog, maar die proses is gestaak omdat Khumalo betrokke is by die monitor…
Die land sal die naweek buitengewoon koue en nat toestande ervaar, gedryf deur 'n intense afsny-laedrukstelsel langs die kus. Die Namibiese Meteorologiese Diens se voorspeller, Albertina Anderson, sê swaar donderbuie en kitsvloede word in die suidelike streke verwag, terwyl die sentrale en oostelike dele geïsoleerde buie en skerp, ysige winde…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.