EFF teiken nie wit boere, sê Malema

Loading player...
EFF-leier Julius Malema sê bewerings dat die party wit boere teiken, is vals. Malema het op die Frank Dialogue aanlyn uitsending gesê sulke bewerings is onlogies en aangevoer dat hy self 'n boer is en nie boere skade kan aandoen nie. Malema hou vol dat die EFF geen beleid van geweld het nie en verwerp beskuldigings van rassisme. Hy het beklemtoon dat Suid-Afrikaners met mekaar verbind is en nie langs rasselyne verdeel moet word nie:
17 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Gryslysvry' groot hupstoot vir beleggersvertroue

Reaksie word ontvang nadat Namibië amptelik van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder is. Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu het die ontwikkeling verwelkom en die regering gelukgewens met die pogings om al die bekommernisse wat deur die taakmag geopper is, aan te spreek. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
20 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Gru-ongeluk in Katutura

Copps 94.1, in samewerking met die stadspolisie, moes Vrydagaand bontstaan toe ‘n ernstige ongeluk in die hoofstad plaasgevind het. Buiten vir dié voorval, was die res van die aand relatief rustig met slegs voorstaandienste en ‘n enkele geval van huismoles. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op die toneel en…
20 Jun 12AM 1 min

El Niño ontwikkel sterk, landbou moet voorberei

El Niño ontwikkel sterk, met ’n meer as 60 persent kans dat dit in ’n Super El Niño kan ontwikkel teen die komende somerseisoen. Dit is wat weerkenner Johan van den Berg voorspel. Die verskynsel bring tipies aansienlik warmer en droër toestande mee, wat ernstige bedreigings inhou vir droëland landbou,…
19 Jun 11AM 1 min

Ernstige misdaad in Gauteng wek kommer: DA

Die DA in Gauteng sê talle gemeenskappe loop steeds deur onder ʼn kommerwekkende toename in ernstige misdaad, ondanks ʼn algemene afname in sekere belangrike kategorieë in die vierde kwartaal van die huidige boekjaar. Dit sluit in ontvoering, vragmotorkapings, voertuig-verwante misdaad en seksuele oortredings. Woordvoerder Crezane Bosch sê premier Panyaza Lesufi…
19 Jun 11AM 1 min