DA vra toegewyde omgewingsmisdaad-howe

Loading player...
Die DA sê toegewyde howe is nodig om omgewingsmisdaadsake in die Wes-Kaap te behartig. Die party beweer die omvang van biodiversiteitsmisdaad het 'n gespesialiseerde benadering in die regstelsel nodig om sterker vervolging te verseker. Meer as 2 miljoen gestroopte inheemse plante en miljoene sade is sedert 2018 gekonfiskeer. Dave Bryant van die DA glo gespesialiseerde howe sal skuldigbevindingsyfers verbeter en help om georganiseerde misdaadsindikate te teiken wat vir die onwettige handel verantwoordelik is:
19 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

El Niño ontwikkel sterk, landbou moet voorberei

El Niño ontwikkel sterk, met ’n meer as 60 persent kans dat dit in ’n Super El Niño kan ontwikkel teen die komende somerseisoen. Dit is wat weerkenner Johan van den Berg voorspel. Die verskynsel bring tipies aansienlik warmer en droër toestande mee, wat ernstige bedreigings inhou vir droëland landbou,…
19 Jun 11AM 1 min

Ernstige misdaad in Gauteng wek kommer: DA

Die DA in Gauteng sê talle gemeenskappe loop steeds deur onder ʼn kommerwekkende toename in ernstige misdaad, ondanks ʼn algemene afname in sekere belangrike kategorieë in die vierde kwartaal van die huidige boekjaar. Dit sluit in ontvoering, vragmotorkapings, voertuig-verwante misdaad en seksuele oortredings. Woordvoerder Crezane Bosch sê premier Panyaza Lesufi…
19 Jun 11AM 1 min

Landbou in Afrika is Namibië se nr. 1 prioriteit: NNN

Tydens haar besoek aan Ghana het president Netumbo Nandi-Ndaitwah die Namibiese gemeenskap en sakegemeenskap betrek. Die president het Namibië se toeganklikheid en toewyding tot die smee van strategiese vennootskappe om die Afrika-vryhandelsgebied te bevorder beklemtoon en gesê dat landbou 'n spesifieke beleggingsgebied is waarin Namibië belangstel.
19 Jun 10AM 1 min

Olie-, gas- en mynbedryf 'moet deursigtig wees om korrupsie te verhoed'

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy 32ste Verkrygingsopsporings-verslag bekendgestel, wat kyk na deursigtigheid in openbare besteding en stadige vordering met die implementering van belangrike teenkorrupsie hervormings. Die instelling doen 'n beroep op verantwoordbaarheid en optrede teen langdurige bestuursgapings. Direkteur Graham Hopwood het spesifiek die belangrikheid van deursigtigheid in maatskappy-eienaarskap…
19 Jun 10AM 1 min