Mynaktiwiteit daal, maar eiendom-beleggers kan gelok word

Loading player...
Terwyl net een uit elke 1 000 eksplorasieprojekte tot ‘n myn lei en uiters duur is, toon Namibië se mynbousektor 'n merkbare verlaging in prospekteeraktiwiteit. Nie-eksklusiewe prospekteerlisensies het skerp gedaal van 'n rekordpiek van 987 in 2023, na slegs 415 in 2025. Eksklusiewe prospekteerlisensies het eweneens gedaal, van 71 in 2024 na 56 in 2025. Teen hierdie agtergrond het Kosmos 94.1 Nuus dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum-groep in Suid-Afrika, gepols oor hoe beleggers in die land behou kan word en watter stappe die regering kan neem om maatskappye aan te moedig om verder as blote eksplorasie te beweeg en sodoende groter waardetoevoeging tot die Namibiese ekonomie te lewer.
20 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'KSUT-bestuur, studenteleiers moet praat' na vernietiging

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, vra 'n dringende gesprek tussen die bestuur en raad van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie en studenteleiers. Gister se brandstigtingsvoorval op die kampus in Bellville het 'n algehele sluiting veroorsaak en koshuise is ontruim. Dit volg op betogings oor voorgestelde…
19 Aug 11AM 1 min

LP wil meer bewustheid oor arbeidsregte sien

'n Lid van die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede-uitwissing, Arbeid en Industriële Verhoudinge, Frederick Shitana, doen 'n beroep op landwye opvoedkundige veldtogte om swak werksomstandighede in die groothandel- en kleinhandelsektore aan te spreek. Shitana waarsku dat baie werkgewers en personeel net 'n basiese begrip van die Arbeidswet het, en dring…
19 Aug 11AM 1 min

Erongo-goewerneur woedend oor pastoor, 78, wat in oop rioolgat sterf

Erongo-goewerneur Natalia |Goagoses eis aanspreeklikheid van die Hentiesbaai-munisipaliteit na die dood van 'n 78-jarige pastoor wat in 'n diep, oop rioolgat in die Omdel-gemeenskap geval het. Dit was nie afgebaken of gemerk nie. |Goagoses het die plaaslike owerheid gekritiseer vir swak veiligheidsmaatreëls en vertragings rondom 'n munisipale rioolprojek van 10…
19 Aug 11AM 1 min

Arbeidskenner het voorstelle om mynbou-werk te skep

Reaksie word ontvang op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se hernude oproep dat die land sy mineraalgebaseerde ekonomie moet benut deur die mynbousektor strategies te bestuur, om munt te slaan uit die SAOG-industrialiseringsprogram. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku dat werkskepping nie opgeoffer moet word in die nastrewing van mynbou-geleide industrialisering nie. Hy merk…
19 Aug 10AM 1 min