Polisiesoektog van stapel ná Krugerpark-moorde

Loading player...
Die polisie in Limpopo het ’n soektog na verdagtes van stapel gestuur ná die moord op twee toeriste in die Kruger Nasionale Park. Volgens die polisie het ’n 71-jarige man en sy vroulike metgesel verlede Sondag by een van die kampe in die park aangekom en is Woensdag laas gesien. Hul liggame is Vrydag in die Levubu-rivier deur toeriste gevind. Omgewingsminister Willie Aucamp het sy skok oor die voorval uitgespreek:
24 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS: Regering moet toewysingsverspreidingskomitee vir entstof aanstel

Die landbou-organisasie TLU SA het die aankoms verwelkom van die eerste besending van 3,5 miljoen dosisse van Argentinië se Biogénesis Bagó-entstof teen bek-en-klouseer. Dit is die grootste besending entstof teen die siekte wat deur Suid-Afrika ingevoer is. Bennie van Zyl van TLU SA sê die departement van landbou moet 'n…
25 May 6AM 1 min

'Trump sal nie 'n swak ooreenkom aanvaar nie'

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê ʼn vredesooreenkoms met Iran is nog in wording. President Donald Trump het onderhandelaars gevra om nie oorhaastig te wees nie. Die huidige raamwerk behels glo dat die skietstilstand met 60-dae verleng word, die Seestraat van Hormuz heropen word, en verdere onderhandeling…
25 May 5AM 1 min

Motorsport: Antonelli wen Kanadese GP

Die Mercedes-bestuurder Kimi Antonelli het sy voorsprong in die Bestuurderskampioenskap tot 43 vergroot nadat hy die Kanadese Grand Prix gewen het. Dis die Italianer se vierde agtereenvolgende oorwinning. George Russell, wat in die eerste posisie weggespring het, het weens ʼn foutiewe krageenheid aan die wedren onttrek terwyl hy en spanmaat…
25 May 4AM 1 min

BKS: Eerste besending Biogénesis Bagó-entstof in SA

Die minister van landbou, John Steenhuisen, doen ʼn beroep op alle provinsiale departemente om in die komende weke soveel diere as moontlik in te ent. Dit volg nadat die eerste besending van 3,5 miljoen dosisse entstowwe van Biogénesis Bagó in die land aangekom het. Dis die grootste enkele besending bek-en-klouseer-entstowwe…
25 May 3AM 1 min

Sokker: Sundowns raap tweede Kampioeneliga-titel op

Mamelodi Sundowns het hul tweede Kampioeneliga-titel opgeraap na ʼn gelykoptelling van een elk teen AS FAR in die tweede deel van die eindronde in Rabat, Marokko. Dit was genoeg om die 2016-kampioene ʼn 2-1-sege in totaal te besorg nadat hulle die Marokkaanse span verlede naweek in die eerste deel in…
25 May 2AM 1 min