Moody's se SA-gradering weerspieël vordering

Loading player...
Die hoofekonoom van Momentum Investments, Sanisha Packirisamy, sê Moody’s het Suid-Afrika se soewereine graderingsvooruitsigte van bestendig na positief hersien, met die kredietgradering op Ba2. Sy sê die vooruitsig-opgradering weerspieël verbeterende fiskale prestasie en strukturele hervormings wat skuld bestendig maak en die ekonomiese herstel sedert 2007 ondersteun, ondanks die wêreldwye verlangsaming. Packirisamy sê egter Moody’s het die Ba2-gradering gehandhaaf om aan te dui Suid-Afrika se ekonomiese faktore bly relatief swak met verbeterings wat nog in 'n vroeë stadium is:
24 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering het sewe dae om te sê oor weermag ontplooiing in strate

Die aktivis Michael Amushelelo het 'n dringende versoek aan regeringsowerhede gerig om die wetlike basis vir die ontplooiing van Namibiese Weermag-soldate op strate bekend te maak. Dit kom terwyl sommige weermaglede in Windhoek se strate waargeneem word. Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die publiek 'n grondwetlike reg…
19 Jun 5AM 1 min

VSA-Iran se 60 dae het begin

Amerika se visepresident, JD Vance, sê die tydperk van 60 dae om ʼn finale ooreenkoms met Iran te bereik, soos in die pas ondertekende memorandum van verstandhouding uiteengesit is, het begin. Die ooreenkoms bestaan uit 14 punte, wat die opening van die Straat van Hormuz insluit, asook die vereiste dat…
19 Jun 5AM 1 min

Veldbrande: Grondeienaars moet voorberei

Nes plaaslik is brande ook 'n risiko in Suid-Afrika. AfriForum sê grondeienaars, boere en gemeenskappe moet voorberei vir 'n moontlike strawwe winterveldbrandseisoen. Die waarskuwing volg na 'n vooruitsig deur die nasionale rampbestuursentrum wat 'n hoë brandrisiko in dele van Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng, Limpopo en Noordwes toon as gevolg…
19 Jun 4AM 1 min

Ackerman gesels oor vanaand se kragmeting teen Leinster

Die Bulle speel vanaand in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster in Dublin, Ierland. Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackerman, het uit Ierland met die Vereniging van Uitsaai Veterane gepraat, wat dit met Kosmos 94.1 Nuus gedeel het.
19 Jun 4AM 1 min

Registreer om te stem - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê daadwerklike burgerlike deelname is noodsaaklik om demokrasie te versterk. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die Mylpale van Vryheid-veldtog by die Uniegebou in Tshwane. Ramaphosa het Suid-Afrikaners aangespoor om 'n aktiewe rol in die openbare lewe te speel deur te stem, by gemeenskapsinisiatiewe aan te…
19 Jun 3AM 1 min