
Hoë gehalte. goeie balans kenmerk Hartebeestloop-veiling
Loading player...
Die Agra-veiling by Bonsmara-stoetteler Joggie Briedenhann se Hartebeestloop Saterdagoggend is gekenmerk deur diere van hoë gehalte, asook ‘n goeie balans tussen kopers en verkopers. In totaal is diere ter waarde van bykans 12 miljoen Namibiese dollar van die hand gesit. Die topdrie bulle het 650 000, 600 000 en 450 000 dollar behaal. ‘n Totaal van 41 bulle diere is aangebied. Onder die vroulike diere is groepe koeie en kalwers, asook dragtige verse aangebied en het tussen 24 000 en 33 000 dollar behaal. Die hoofbestuurder van Agra Veilings, Paul Klein, is aan die woord:

