SA help 933 Mosambiekers om te vertrek

Loading player...
Die Grensbestuurowerheid sê hy het die vertrek van 933 Mosambiekse inwoners deur die Lebombo-grenspos bestuur. Die groep sluit 38 minderjariges in wat verwerk is onder toesig van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê van dié wat teruggestuur is, kom 349 van die Lindela-aanhoudingsgerief as deel van die Departement van Binnelandse Sake se deportasieprogram, en 584 van Mosselbaai met die hulp van die Mosambiekse hoëkommissaris:
4 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Suid-Afrika herdenk Jeugdag

Die studenteleier van die Soweto-opstand van 1976, Teboho Tsietsi Mashinini, word onthou vir sy sterk standpunt teen die gedwonge gebruik van Afrikaans in swart skole. Suid-Afrika herdenk vandag die 50ste herdenking van die opstand, onder andere die dood van die 12-jarige Hector Pieterson. In 'n geskiedkundige televisie-onderhoud met die Amerikaanse…
16 Jun 1AM 1 min

Fokus op drinkwater, sanitasie op Dag van die Afrika-kind

Vandag vier die vasteland Dag van die Afrika-kind, onder die tema “Versekering van universele toegang tot water, sanitasie en higiëne vir elke kind in Afrika”. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-kinderadvokaat en hoof by die kantoor van die Ombudsman, Ingrid Husselmann, gepraat wat sê dringende stappe moet geneem word…
16 Jun 1AM 1 min

August 26: Bespiegelings oor hoe belastinggeld bestee word is nie goed nie

Terwyl August 26 voortgaan om nuwe regeringskontrakte van miljoene dollar te kry, neem kommer toe oor deursigtigheid in die verkrygingsproses. Die staatsbeheerde maatskappy het onlangs projekte ter waarde van meer as 350 miljoen Namibiese dollars vasgelê, wat bydra tot 'n lang lys kontrakte wat oor die afgelope dekade toegeken is…
16 Jun 12AM 1 min

Neckartal besproeiingsprojek vorder

Vordering word gemaak met fase twee van die Neckartal-projek in die ||Kharas-streek, met pyplegging en kanaaluitgrawing vir beplande besproeiingskemas wat tans vorder. Goewerneur Dawid Gertze het tydens sy streeksrede gesê dat tenders en konsultasies aktief vorder namate die streek nader beweeg aan die ontwikkeling van besproeide landbougrond onder die projek.
16 Jun 12AM 1 min

Fitch gradeer Eskom van B na B+

Die vakbondfederasie Cosatu verwelkom die kredietgraderingsagentskap Fitch se jongste gradering van Eskom as 'n positiewe mosie van vertroue. Die kragvoorsiener se langtermyn-gradering is opgradeer van B na B-plus na die onlangse opgradering van Suid-Afrika se soewereine kredietgradering. Dis 'n kritieke tyd vir Eskom, wat sy langtermyn bedryfs-omkeerplan uitvoer. Matthew Parks…
15 Jun 11PM 1 min