Vakleerlingskappe in informele ekonomie moet erkenning kry

Loading player...
Namibië neem tans deel aan die jaarlikse algemene vergadering van die Sub-Sahara Africa Skills and Apprenticeship Stakeholders Network in Nigerië. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunikasiebeampte in die onderwysministerie, Sophie Tendane, gesels wat sê deelnemers het gevra vir die gestruktureerde sertifisering van plaaslike, informele vakleerlingskappe in Nasionale Vaardigheidskwalifikasieraamwerke om jong werkers verifieerbare ekonomiese waarde te gee.
4 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Malema vra gratis water en krag vir behoeftiges

Die EFF-president Julius Malema vra vir gratis water en elektrisiteit vir ontvangers van maatskaplike toelaes. Tydens die party se 'Tshela Thupa'-veldtog vir die plaaslikeregeringverkiesing op die KaMaqhekeza-stadion in Nkomazi, Mpumalanga, het Malema gesê kwesbare huishoudings behoort toegang tot basiese dienste te hê, sonder die bykomende las van onbekostigbare nutsdienste. Die…
25 Oct 2AM 1 min

Pro-aktiewe plan nodig teen BKS

Die Cirrus-ontleder Romé Mostert sê Namibië benodig ’n proaktiewe plan om die impak van bek-en-klouseer op boere en die landbousektor te beperk. Hy beklemtoon dat vinnige optrede, insluitend die uitdunning van besmette vee waar nodig en vergoeding vir boere, deel van ’n doeltreffende reaksie moet wees, eerder as om bloot…
25 Oct 1AM 1 min

PDM vra meer begrafnisgeld vir padsterftes

PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo vra vir die bespoediging van wysigings aan die Wet op die Motorvoertuigongelukkefonds, met die oog op ’n hersiening van die huidige begrafnistoelae van 7 000 Namibiese dollar. Sy sê stygende begrafniskoste bring mee dat die bedrag nie meer voldoende is nie, wat dit vir families moeiliker maak…
25 Oct 12AM 1 min

Rugby: SA hoop op nog oorwinnings in URC die naweek

Vrydag het een oorwinning en een nederlaag vir Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap opgelewer. Die Haaie het Cardiff 36–21 in 'n bonuspunt-oorwinning geklop, maar die Leeus moes in Edinburgh met 31–10 die knie teen hierdie onoorwonne Skotse span buig. Die Haaie is stewig terug in die boonste helfte van…
24 Oct 6AM 1 min

Namibië kan groot baat by China se nul-tariewe

China se nul-tariewe op kwalifiserende Afrika-uitvoere kan beduidende voordele vir Namibië se handel en ekonomiese groei inhou. Daar word verwag dat die beleid nuwe geleenthede sal skep vir plaaslike ondernemings wat toegang tot internasionale markte soek. Hellen Amupolo, uitvoerende beampte vir besigheids- en kommersiële bankwese by Standard Bank Namibië, sê…
24 Oct 5AM 1 min