Buitelander vas oor massaskietery in Gqeberha

Loading player...
Die Oos-Kaap se LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, het die deurbraak verwelkom in die massaskietery in Motherwell, Gqeberha, waarin vyf jong mans onlangs doodgeskiet is. Dit volg na die inhegtenisneming van 'n 28-jarige buitelander in verband met die moorde. Die woordvoerder van die departement, Makhaya Komisa, sê die regering waarsku misdadigers dat hulle geen misdadige optrede in die provinsie sal duld nie:
7 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM vra meer begrafnisgeld vir padsterftes

PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo vra vir die bespoediging van wysigings aan die Wet op die Motorvoertuigongelukkefonds, met die oog op ’n hersiening van die huidige begrafnistoelae van 7 000 Namibiese dollar. Sy sê stygende begrafniskoste bring mee dat die bedrag nie meer voldoende is nie, wat dit vir families moeiliker maak…
25 Oct 12AM 1 min

Rugby: SA hoop op nog oorwinnings in URC die naweek

Vrydag het een oorwinning en een nederlaag vir Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap opgelewer. Die Haaie het Cardiff 36–21 in 'n bonuspunt-oorwinning geklop, maar die Leeus moes in Edinburgh met 31–10 die knie teen hierdie onoorwonne Skotse span buig. Die Haaie is stewig terug in die boonste helfte van…
24 Oct 6AM 1 min

Namibië kan groot baat by China se nul-tariewe

China se nul-tariewe op kwalifiserende Afrika-uitvoere kan beduidende voordele vir Namibië se handel en ekonomiese groei inhou. Daar word verwag dat die beleid nuwe geleenthede sal skep vir plaaslike ondernemings wat toegang tot internasionale markte soek. Hellen Amupolo, uitvoerende beampte vir besigheids- en kommersiële bankwese by Standard Bank Namibië, sê…
24 Oct 5AM 1 min

Windplaas stoot 44 megawatt in kragnetwerk

Die land se hernubare-energiesektor kry ’n hupstoot met die amptelike ingebruikneming van InnoVent se Diaz-windplaas suid van Lüderitz. Die projek van 1,9 miljard Namibiese dollar bestaan uit 11 turbines met ’n gesamentlike kapasiteit van 50 megawatt. Sowat 44 megawatt sal na die nasionale kragnetwerk gevoer word, terwyl die windplaas na…
24 Oct 4AM 1 min

Diamantwerkers se lot na parlement

Midde groot uitdagings in die natuurlike diamantbedryf wil die Mynwerkersunie van Namibië griewe van werkers in die diamantsny- en poleerbedryf voor die parlement sleep. Die vakbond dring aan op 'n ondersoek na werksverliese, lae lone, ontoereikende voordele en beperkte vaardigheidsoordrag aan Namibiërs in die bedryf. Die vakbond se sekretaris-generaal, George…
24 Oct 3AM 1 min