Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar

Loading player...
Yolanda Maartens gesels met Jefferson J. Dirks-Korkee oor sy 2 vertonings by die Vrystaat Kunstefees die jaar.

Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 verruil vir ’n nuwe begin by Rodney, die bottel gebêre om Babs groot te maak. Maar daarmee saam het groeipyne en erfsondes gekom. Babs probeer haar herinneringe afwas, maar die stofstorms van die verlede haal haar telkens in. Hul onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug waar grense begin vervaag.
https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/huis-van-sand/

‘n Nuwe Afrikaanse toneelstuk deur Nico Scheepers ondersoek die brose grense tussen familie, geheue en oorlewing. Wanneer Stefan onverwags hoor dat sy ouers op pad is – ná jare se halfsinne en ontwykende kontak – word sy noukeurig gekonstrueerde lewe stilweg ontwrig. Dit is ’n skerpsinnige en herkenbare blik op erfenis … nie net van grond of besittings nie, maar van liefde, skuld en verwyt. Met fyn waarneming en donker humor ontbloot LEEFBAAR die Afrikaner se byna bonatuurlike vermoë om in stilte te oorleef.
https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/leefbaar/
11 Jun English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min