
Die Midde-Oosterse Krisis – Quo Vadis?
Loading player...
Onbeskryflik, ontstellend, onmenslik, kru en ontwrigtend. Dit is moeilik om die regte woorde of metafore te vind wat die huidige verwoesting in die Midde-Ooste werklik vasvang. Hoewel dit een van verskeie konfliksones in die wêreld is, lê hierdie streek ons as gelowiges, histories en teologies, baie na aan die hart. Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Duvenhage, Ds. Johan van der Merwe en Prof. Abel Esterhuyse kom gesels saam om hierdie krisis met absolute nugterheid maar ook met deernis te ontleed.





