Ons is nie kwaad genoeg nie
Loading player...
*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ons-is-nie-kwaad-genoeg-nie/
Dis 50 jaar sedert Soweto se strate gebrand het, sedert kinders in skooluniforme besluit het dat genoeg genoeg is. Ons het 'n insert oor 16 Junie 1976 en wat regtig daar gebeur het. Hulle was kwaad. Is ons vandag kwaad genoeg?
Matthys was in die platteland en ontnugter oor hoe dit daar lyk. Dit gaan nie oor verval as 'n statistiek nie, dit gaan oor hoe 'n land lyk as niemand kwaad genoeg is nie. Colene se water vertel dieselfde storie. Vuil. Nie per ongeluk nie. Vuil op 'n manier wat sê: ons het gewoond geraak. En dit is 'n gevaarlike plek om te wees.
Ons verwag meer van die DA, want hulle het ons meer belowe. Al hoeveel jaar lank. Nog 'n eier op die gesig is nie net embarrassing nie, dit is genoeg.
En Elon Musk is ryk. Nie net ryk nie, "rykste-mens-op-aarde" ryk. Die soort ryk waar jy in jou leeftyd nie die geld sal kan gebruik nie. Ons "tril" 'n bietjie. Soos mens doen.
Dis vuil water en beloftes.
Dis die kwaad wat ons skuld aan daai kinders in uniform.
Dis KLETS.