Vrystaat Kunstefees 2026: Die Klein Prinsie

Loading player...
Yolanda Maartens gesels met Chris van Niekerk oor Die Klein Prinsie

Die Klein Prinsie vertel die verhaal van die vriendskap tussen ’n loods en ’n blonde seuntjie wat begin met die vraag: “Teken vir my ’n skaap?” Die Prinsie het waarskynlik van Asteroïede B612 af na die aarde gekom. Sy reis deur die heelal word vertel deur die akteur Chris van Niekerk (Beste Vrystaatse Kunstenaar 2017 vir hierdie rol) en geïllustreer deur ’n volkoepelvertoning in die Naval Hill-planetarium deur Leon Snyman. Die vertaling is deur Naòmi Morgan.

https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/die-klein-prinsie/
22 Jun English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min