Efesiërs vir jou reis

Loading player...
Paulus wou die gelowiges in Efese daarvan verseker dat hulle ook deel het aan God se verlossingsplan. Hy noem dit ’n geheimenis wat nou deur die Heilige Gees bekend gemaak word. Hierdie nie-Joodse Christene het ’n nuwe identiteit verkry die dag toe hulle die Here Jesus as hulle verlosser aangeneem het, en Paulus heg vier vergelykings hieraan.
Madeleine gesels oor dié vier nuwe identiteite, daardie twee mooi gebede van Paulus en waarom dit nodig is om soms op jou knieë te bid, die wapenrusting van God, en hoe ’n heilige lewe lyk.
Sy lees ook verder voor uit die boek Al Psalmend deur dr. Ronell Bezuidenhout.
26 Jun Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Sy wonderlike skepping

Madeleine gesels met Mias van Jaarsveld, die besturende redakteur van CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice. Hierdie publikasie was vanjaar die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutu Prys. Sy gesels ook met Fay van Eeden, ’n dominee by NG Kerk Stellastraat in Pretoria, oor haar artikel wat…
14 Aug 1 hr 04 min

Vrou van God

Augustus is vrouemaand, en Madeleine gesels met vier dames wat voltyds by bediening betrokke is. Wat is die eienskappe van ’n vrou van God, en watter unieke rol speel ons as Christenvroue in God se koninkryk? Jozine Botha, dr. Ronell Bezuidenhout, Laetitia Butler en Sonja Goldberg deel hulle getuienisse, wysheid…
7 Aug 1 hr 31 min

Die Bybel vir almal

Daar is ’n ongelooflike maklike manier om betrokke te raak by die vertaling van Bybels, en dit is deur ’n beker koffie te drink! Coffee the Bible is ’n inisiatief van Woord vir die Wêreld, of beter bekend as The Word For The World Bible Translators. Madeleine gesels met een…
31 Jul 1 hr 10 min

Die toekoms in ons hande

Madeleine gesels met Wikus v.d. Walt van 25:40 – ’n organisasie wat uitreik na die wees en weerlose jeug in die Oos-Kaap. Sy verwelkom ook vir pastoor Stephen Lamprecht in die ateljee. Hy en sy vrou, Sharon, is die stigters van Hopelands – ’n tuiste vir verlate en weerlose babas,…
24 Jul 1 hr 20 min

Ontdek jou stem

Wonder jy ook wat jou unieke rol in God se koninkryk is? Het jy al jou stem ontdek? Wil jy weet hoe jy met selfvertroue jou funksie as lid van Christus se liggaam kan uitvoer? Madeleine gesels met bekroonde outeur en spreker, dr. Megan Bruiners, hieroor. Sy deel ook waarhede…
17 Jul 1 hr 12 min