Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik
Loading player...
*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/
Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar.
Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos gister?
Tog, te midde van dit alles, is ons steeds die vriendelikste land op die planeet... en jou bankrekening lyk vandag toevallig ietwat voller.
Ons grawe die heel eerste TV-ad wat ooit die lig gesien het uit die argief uit, plus 'n paar ander 1 Julie-feite wat jy nie gaan glo nie.
En dan: 'n oom in sy 90s wat na 70 jaar huwelik besluit het genoeg is genoeg. Wat dryf 'n mens op daai ouderdom nog na die skeihof toe, en wat is jou eie non-negotiables in 'n verhouding?
Dis opstande en optimisme. Dis TV-advertensies en tjekrekeninge. Dis 70 jaar en 'n laaste woord.
Dis nie perfek nie... maar dis KLETS.