Is daling in toerismesyfers as gevolg van visum-op-aankoms

Loading player...
Reaksie word ontvang op statistiek dat Namibië net meer as 1 217 miljoen toeriste in 2025 verwelkom het, 'n afname van 3,2 persent vanaf die 1 257 miljoen aankomste wat in 2024 aangeteken is. Die afname kom na die bekendstelling van die land se visum-by-aankoms-beleid in April verlede jaar. Die IPC-skaduminister van toerisme, Rodrick Likando, doen 'n beroep op 'n deursigtige hersiening om te bepaal of die nuwe stelsel Namibië se toerisme-mededingendheid beïnvloed.
1 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min