Aspris kraam in VSA as besoeker is teen die wet - Blanche

Loading player...
Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal, Todd Blanche, sê federale aanklaers en wetstoepassers sal toeslaan op sogenaamde “geboorte-toerisme”. Die Hooggeregshof het Dinsdag herbevestig dat enige persoon wat in Amerika gebore word, ʼn burger is, selfs al is die kind se ouers nie. Volgens die Migrasie-beleidsinstituut, skenk daar jaarliks tot 26 000 vroue met toeriste-visums geboorte in Amerika. Blanche sê mense wat met toeriste-visums na Amerika reis net om geboorte te skenk, oortree federale wette:
2 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA sal Israel steun as Hamas nie ontwapen: Kushner

Die Amerikaanse gesant, Jared Kushner, sê Hamas kan binnekort ontwapen, maar Amerika sal verdere Israelse militêre optrede in Gaza steun indien dit nie gebeur nie. Hy en die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Maandag ooreengekom om twee werksgroepe te stig. Een sal fokus op ontwapening en verwydering van militêre…
18 Aug 11AM 1 min

Sersant gebruik glo polisiedokumente in bedrogspul

Die Madlanga-kommissie het gehoor die geskorste polisiesersant Fannie Nkosi het 'n demonstrasie gereël van selfoonnasporings-tegnologie en steuringstegnologie van die Tsjeggiese maatskappy InvaSys. Die hoof-getuienisleier, Matthew Chaskalson, sê WhatsApp-bewyse betrek Nkosi, die sakelui Steve Motsumi en Katiso Molefe en die vermoorde taxibaas Mswazi Msibi, wat voorgegee het om die regering te…
18 Aug 11AM 1 min

Kos is in fokus by Nust se Kultuurfees

Feesviering en kos staan hierdie week sentraal by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se jaarlikse Kultuurfees van 19 tot 21 Augustus. Twapewa Nakashona, Nust se assistent-bemarkingsbeampte, sê die fees met gratis toegang vier globale eenheid deur kulturele kookkuns, musiek en optredes op die Windhoek-kampus. Hy praat met Kosmos…
18 Aug 10AM 1 min

Baynes-projekbestuur ontken konsultasies, studies nie uitgevoer

Die bestuur van die Baynes-waterkragprojek sê dat hulle voldoen het aan die vereiste omgewings- en openbare konsultasieprosesse, en het bewerings dat sleutelstudies nie uitgevoer is nie van die hand gewys. Senior projekdirekteur Muyenga Muyenga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die Ombudsman se bevindinge verkeerd voorgestel is, en dat…
18 Aug 10AM 1 min