Aidan Kade praat oor "Hoor Jy My?" 'n Kreet wat gehoor wil word

Loading player...
In 'n eerlike gesprek by die radiotafel vertel Aidan Kade van die storie agter haar nuwe enkelsnit "Hoor Jy My?" 'n diep persoonlike alternatiewe Afrikaanse lied wat kwesbaarheid, selfgelding en die stryd om jou stem te laat tel, verken. Die snit, wat op 19 Junie 2026 vrygestel is, meng alternatiewe pop met elektroniese atmosfeer en organiese klanke, en is vervaardig deur Kyle Botha by Son Studios. Aidan deel ook hoe die lied spruit uit gevoelens van ongehoord wees in beide die musiekbedryf en 'n vorige verhouding "’n gehuil, ’n fluister en ’n brul alles tegelyk.
2 Jul English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

Sentiment se Regardt oor 'Ek Wil Jou Sien'

Ek het met Regardt van Sentiment gesels oor hul debuut-enkelsnit, Ek Wil Jou Sien. 'n Liedjie oor daardie een persoon vir wie jy enigiets sal doen net om te sien. Die Afrikaanse rockgroep bestaan uit Jako Meyer (sang) en Regardt Scheepers (kitaar), met 'n klank vol groot kore en emosie…
15 Sep 7 min

Onike: van gebrokenheid na genesing

Sangeres Onike se nuwe enkelsnit Sterker onthul 'n reis van trauma, die verlies van haar pa en die ontdekking dat 'n mens na die donkerste tye steeds kan opstaan.
10 Sep 9 min

Dassie maak die deur oop: "Elke pot het sy deksel"

Die Suid Afrikaanse sanger het pas sy nuwe single "Hart se Huis" vrygestel en dit is soveel meer as net 'n liefdeslied. Dit gaan oor die mens se hart as 'n huis: met kamers, mure, krake en herinneringe. En die hoop dat iemand eendag by die deur instap, die ligte…
3 Sep 6 min

Franco keer terug met "Paarlberg": eerste liefde, verlange en die pyn van afstand

In hierdie onderhoud gesels ons met die talentvolle musikant Franco na sy debuutsukses met "Kaal Sigarette". Met sy tweede enkelsnit, "Paarlberg" wat op 28 Augustus 2026 vrygestel word, neem hy luisteraars terug na die eenvoud van hoërskooldae. 'n nostalgiese Afrikaanse pop-rock-lied oor eerste liefde, jeugherinneringe en die pyn van afstand…
1 Sep 7 min