Lamola las ondersoek na Zuma en Gupta se Indië besoek

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië wek kommer. Die MK-partyleier verskyn op ʼn foto saam met die voortvlugtige Ajay Gupta en Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, by die Sidipeeth Shri Dakshin Kali tempel in Haridwar. Die minister het ʼn ondersoek gelas na Sooklal se betrokkenheid by Zuma se besoek. Lamola sê dis kommerwekkend dat ʼn voormalige staatshoof ʼn buitelandse beleid kan voer wat parallel is aan dié van die huidige regering:
3 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min