Zelensky beloof wraak na Kiëf-aanvalle

Loading player...
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het beloof om wraak te neem ná Rusland se aanvalle op Kiëf waarin minstens 27 mense dood en 91, insluitend twee kinders, gewond is. Moskou het byna 500 hommeltuie en meer as 70 missiele op Oekraïne afgevuur en woongeboue en militêre basisse beskadig. Rusland se weermag sê sy aanval is uit wraak vir Oekraïnse aanvalle op sy eie burgerlike infrastruktuur. Zelensky sê as sy bondgenote ooreenkomste nagekom het om lugafweer-missiele aan Oekraïne te verskaf, sou die skade nie so groot gewees het nie:
3 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min