
Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner
Loading player...
Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het onsekerheid oor brandstof-aanbod verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met openbarebeleidskenner, dr. Marius Kudumo gepraat wat kortliks die verkrygingswet se voorwaardes verduidelik.

