DA boos oor Dlodlo se aanstelling as ambassadeur

Loading player...
Die DA het president Cyril Ramaphosa se besluit gekritiseer om die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk aan te stel. Die party beskuldig die president dat hy die belange van ANC-kaders bo dié van die land en sy buitelandse beleid stel. Die 63-jarige Dlodlo vervang wyle Nathi Mthethwa. Ryan Smith van die DA sê Dlodlo was ernstig onder verdenking en het nie die integriteit of vaardighede om met ekonomiese diplomasie en internasionale handel vertrou te word nie.
7 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA sal Israel steun as Hamas nie ontwapen: Kushner

Die Amerikaanse gesant, Jared Kushner, sê Hamas kan binnekort ontwapen, maar Amerika sal verdere Israelse militêre optrede in Gaza steun indien dit nie gebeur nie. Hy en die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Maandag ooreengekom om twee werksgroepe te stig. Een sal fokus op ontwapening en verwydering van militêre…
18 Aug 11AM 1 min

Sersant gebruik glo polisiedokumente in bedrogspul

Die Madlanga-kommissie het gehoor die geskorste polisiesersant Fannie Nkosi het 'n demonstrasie gereël van selfoonnasporings-tegnologie en steuringstegnologie van die Tsjeggiese maatskappy InvaSys. Die hoof-getuienisleier, Matthew Chaskalson, sê WhatsApp-bewyse betrek Nkosi, die sakelui Steve Motsumi en Katiso Molefe en die vermoorde taxibaas Mswazi Msibi, wat voorgegee het om die regering te…
18 Aug 11AM 1 min

Kos is in fokus by Nust se Kultuurfees

Feesviering en kos staan hierdie week sentraal by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se jaarlikse Kultuurfees van 19 tot 21 Augustus. Twapewa Nakashona, Nust se assistent-bemarkingsbeampte, sê die fees met gratis toegang vier globale eenheid deur kulturele kookkuns, musiek en optredes op die Windhoek-kampus. Hy praat met Kosmos…
18 Aug 10AM 1 min

Baynes-projekbestuur ontken konsultasies, studies nie uitgevoer

Die bestuur van die Baynes-waterkragprojek sê dat hulle voldoen het aan die vereiste omgewings- en openbare konsultasieprosesse, en het bewerings dat sleutelstudies nie uitgevoer is nie van die hand gewys. Senior projekdirekteur Muyenga Muyenga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die Ombudsman se bevindinge verkeerd voorgestel is, en dat…
18 Aug 10AM 1 min

Besighede 'moet reg wees vir geleenthede in oliesektor'

Die vierde Namibiese Olie- en Gaskonferensie en -uitstalling het vanoggend amptelik afgeskop met Jason Kasuto, die hoof van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, wat plaaslike besighede aanspoor om opkomende geleenthede in die energiesektor aan te gryp. Hy het klein besighede toegespreek tydens die Plaaslike Inhoud-meesterklasse voor die hoofgeleentheid, waar besighede…
18 Aug 10AM 1 min