Rugby: Die Springbokke se tegniese raadgewer, die voormalige toets-skeidsregter Jaco Peyper, sê aantygings oor die vertraging van die spel gebeur op stadions waar die lug dun is. Die All Blacks sê Suid-Afrikaanse spanne vertraag die spel doelbewus en ondermyn pogings om dit te versnel. Peyper sê spelers het 30 sekondes…
'n Studie deur die Universiteit Stellenbosch en Artefact Suid-Afrika vra geteikende voorkomings- en ondersteuningstrategieë om kuberboeliegedrag onder tieners hok te slaan. Navorsers Daniel le Roux en Camryn Twaddle het bevind 63,9-persent van die leerders wat ondervra is, was betrokke by kuberboeliegedrag. Twaddle sê die studie het bevind meisies en seuns…
Die vakbondfederasie Cosatu sê die bestuursprobleme by die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema spoel oor na administratiewe prosesse, en raak duisende studente. Die Hooggeregshof in Pretoria het in 'n uitspraak verlede week die ontbinde Nsfas-raad heraangestel en professor Hlengani Mathebula se aanstelling as administrateur as irrasioneel verklaar. Cosatu se woordvoerder, Nonzuzo…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië beoog om sy mineraalgebaseerde ekonomie te benut deur die mynbousektor strategies te bestuur om voordeel te trek uit die SAOG-industrialiseringsprogram. Nandi-Ndaitwah het gepraat aan die kantlyn van die pas afgelope 46ste SAOG-beraad van staatshoofde en regeringshoofde wat in Durban, Suid-Afrika, plaasgevind het.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.