Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie

Loading player...
Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om die digitale gaping te oorbrug. Maritz het meer.
7 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Peyper sê Bokke vertraag g'n die spel

Rugby: Die Springbokke se tegniese raadgewer, die voormalige toets-skeidsregter Jaco Peyper, sê aantygings oor die vertraging van die spel gebeur op stadions waar die lug dun is. Die All Blacks sê Suid-Afrikaanse spanne vertraag die spel doelbewus en ondermyn pogings om dit te versnel. Peyper sê spelers het 30 sekondes…
18 Aug 9AM 1 min

SA studie waarsku oor kuber-afknouery onder tieners

'n Studie deur die Universiteit Stellenbosch en Artefact Suid-Afrika vra geteikende voorkomings- en ondersteuningstrategieë om kuberboeliegedrag onder tieners hok te slaan. Navorsers Daniel le Roux en Camryn Twaddle het bevind 63,9-persent van die leerders wat ondervra is, was betrokke by kuberboeliegedrag. Twaddle sê die studie het bevind meisies en seuns…
18 Aug 9AM 1 min

Nsfas-bestuur 'verswak net, laat duisende in steek'

Die vakbondfederasie Cosatu sê die bestuursprobleme by die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema spoel oor na administratiewe prosesse, en raak duisende studente. Die Hooggeregshof in Pretoria het in 'n uitspraak verlede week die ontbinde Nsfas-raad heraangestel en professor Hlengani Mathebula se aanstelling as administrateur as irrasioneel verklaar. Cosatu se woordvoerder, Nonzuzo…
18 Aug 8AM 1 min

Mynbou moet baat vind uit SAOG industrialisering: NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië beoog om sy mineraalgebaseerde ekonomie te benut deur die mynbousektor strategies te bestuur om voordeel te trek uit die SAOG-industrialiseringsprogram. Nandi-Ndaitwah het gepraat aan die kantlyn van die pas afgelope 46ste SAOG-beraad van staatshoofde en regeringshoofde wat in Durban, Suid-Afrika, plaasgevind het.
18 Aug 8AM 1 min