Zim-hofbesluit oor SME Bank goed vir deposante, maar...

Loading player...
Reaksie word ontvang op die Hoërhof van Zimbabwe wat die likwidasie van Namibië se mislukte SME Bank erken het, wat die weg baan vir die hofaangestelde likwidateurs om bates in Zimbabwe te verhaal en die afdwinging van Namibiese hofbevele na te streef. Regter Siyabona Musithu het ten gunste van Bruni en McLaren-likwidateurs beslis in 'n aansoek wat teen die Meester van die Hoërhof en MetBank Limited gebring is. Verbruikerskenner Milton Louw het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe die deposante geraak sal word.
8 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min