Boumafia beheer R63 miljard se openbare projekte

Loading player...
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is meetbare vordering in optrede teen afpersing en intimidasie in die boubedryf. Volgens die bedryf word ongeveer 180 openbare infrastruktuurprojekte ter waarde van 63 miljard Suid-Afrikaanse rand weens afpersing, intimidasie of geweld vertraag. Die bou-mafia is veral bedrywig in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap. Macpherson sê gevolgebestuur is ook verskerp en 52 kontrakteurs is sedert September 2025 op ʼn swartlys geplaas:
8 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nsfas-bestuur 'verswak net, laat duisende in steek'

Die vakbondfederasie Cosatu sê die bestuursprobleme by die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema spoel oor na administratiewe prosesse, en raak duisende studente. Die Hooggeregshof in Pretoria het in 'n uitspraak verlede week die ontbinde Nsfas-raad heraangestel en professor Hlengani Mathebula se aanstelling as administrateur as irrasioneel verklaar. Cosatu se woordvoerder, Nonzuzo…
18 Aug 8AM 1 min

Mynbou moet baat vind uit SAOG industrialisering: NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië beoog om sy mineraalgebaseerde ekonomie te benut deur die mynbousektor strategies te bestuur om voordeel te trek uit die SAOG-industrialiseringsprogram. Nandi-Ndaitwah het gepraat aan die kantlyn van die pas afgelope 46ste SAOG-beraad van staatshoofde en regeringshoofde wat in Durban, Suid-Afrika, plaasgevind het.
18 Aug 8AM 1 min

Suikerrietwerkers hervat staking hoofsaaklik in KZN

Lede van die Voedsel- en Geallieerde Werkersvakbond, Fawu, in die suikervervaardigings- en -raffineringsbedryf het hul staking hervat ná ʼn dooiepunt in salaris-onderhandelings. Honderde werkers, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en ander suikerriet-streke, het hul poste by meulens en verwante bedrywighede verlaat. Die vakbonde Fawu, Amcu en die United Association of South Africa…
18 Aug 6AM 1 min

Winterreën bring verligting vir Suide-boere

Onlangse winterreën in die//Karas-streek verlig droogtetoestande vir boere en grondeienaars in suidelike Namibië, al was dit bitter koud. Dolf de Wet van die White House Guest Farm op plaas Michberg naby Grünau, sê die reënval het waterbronne en flora regoor die distrik 'n hupstoot gegee. Hy sê die reën bring…
18 Aug 6AM 1 min