IPC eis rekord van Amutse se ondersoek na Nasan en Vivo

Loading player...
Die IPC het die regering se hantering van 'n omstrede brandstof-mededingingsbesluit na die parlement geneem. Die party eis antwoorde van die energieminister oor die opskorting van sleutelvoorwaardes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is vir die samesmelting van Vivo Energy Namibia met Engen. Dit raak ook Nasan Energies wat verhoed is om vir vyf jaar brandstof by Vitol aan te koop ná sy verkryging van vulstasies van Vivo Energy Namibia. Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge, Rodney Cloete, vra die vrystelling van die volledige hersieningsrekord en 'n verduideliking van hoe die besluit voldoen aan die grondwetlike beginsels van deursigtigheid, billikheid en mededinging.
8 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min