Wêreld hou asem op, kommer oor hervatting van oorlog

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump wat Iranse leiers beledig en met meer aanvalle gedreig het, het wyd reaksie uitgelok. Kazem Gharibabadi, Iran se adjunkminister van buitelandse sake, het gesê Trump se opmerkings “is nie 'n teken van krag nie, maar eerder 'n erkenning van die mislukking van 'n beleid wat jare lank op brute geweld, sanksies en dreigemente gebou is, wat nie die Iranse nasie op sy knieë kon bring nie". Intussen hou die wêreld asem op om te sien of 'n volskaalse oorlog weer sal uitbreek, maar Sky News se internasionale aangeleenthede redakteur Dominic Waghorn sê uit die Midde-Ooste hy dink nie dit sal gebeur nie.
8 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min