Kom maak pot met 'n doel!

Loading player...
Die jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid en kookkompetisie, “Potjies with Purpose”, is terug en hierdie keer word fondse ingesamel vir die Namibiese o.18-meisiehokkiespan. Die geleentheid, wat in samewerking met die Namibiese Hokkie-unie gehou word, samel fondse in vir hul toer na Zimbabwe in Augustus. By die geleentheid op 25 Julie ding die spanne mee in korporatiewe en sosiale kategorieë by Affiespark in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met organiseerder Rozanne Fourie gesels:
9 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Suikerrietwerkers hervat staking hoofsaaklik in KZN

Lede van die Voedsel- en Geallieerde Werkersvakbond, Fawu, in die suikervervaardigings- en -raffineringsbedryf het hul staking hervat ná ʼn dooiepunt in salaris-onderhandelings. Honderde werkers, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en ander suikerriet-streke, het hul poste by meulens en verwante bedrywighede verlaat. Die vakbonde Fawu, Amcu en die United Association of South Africa…
18 Aug 6AM 1 min

Winterreën bring verligting vir Suide-boere

Onlangse winterreën in die//Karas-streek verlig droogtetoestande vir boere en grondeienaars in suidelike Namibië, al was dit bitter koud. Dolf de Wet van die White House Guest Farm op plaas Michberg naby Grünau, sê die reënval het waterbronne en flora regoor die distrik 'n hupstoot gegee. Hy sê die reën bring…
18 Aug 6AM 1 min

Ouers los baba in shebeen: Meer maatskaplike werkers nodig

Reaksie word ontvang op die inhegtenisneming van 'n 34-jarige vrou van Mariental op aanklagte van kinderverwaarlosing, terwyl die polisie steeds na haar lewensmaat soek. Die paartjie het na bewering hul vier maande oue baba Donderdag na 'n bakleiery by 'n shebeen gelos, terwyl hul ander kind ook uit hul sorg…
18 Aug 6AM 1 min