NNN sê sakelui moet Chinese vennote soek

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiese sakeleiers moet die geleentheid in China gebruik om bankbare projekte te soek wat nywerhede, werkgeleenthede en waardetoevoeging van produkte in Namibië skep. Nandi-Ndaitwah het meer as 200 verteenwoordigers van die Namibiese privaatsektor en staatsbeheerde ondernemings by die Namibië-China Sakeforum in Beijing toegespreek.
9 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Suikerrietwerkers hervat staking hoofsaaklik in KZN

Lede van die Voedsel- en Geallieerde Werkersvakbond, Fawu, in die suikervervaardigings- en -raffineringsbedryf het hul staking hervat ná ʼn dooiepunt in salaris-onderhandelings. Honderde werkers, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en ander suikerriet-streke, het hul poste by meulens en verwante bedrywighede verlaat. Die vakbonde Fawu, Amcu en die United Association of South Africa…
18 Aug 6AM 1 min

Winterreën bring verligting vir Suide-boere

Onlangse winterreën in die//Karas-streek verlig droogtetoestande vir boere en grondeienaars in suidelike Namibië, al was dit bitter koud. Dolf de Wet van die White House Guest Farm op plaas Michberg naby Grünau, sê die reënval het waterbronne en flora regoor die distrik 'n hupstoot gegee. Hy sê die reën bring…
18 Aug 6AM 1 min

Ouers los baba in shebeen: Meer maatskaplike werkers nodig

Reaksie word ontvang op die inhegtenisneming van 'n 34-jarige vrou van Mariental op aanklagte van kinderverwaarlosing, terwyl die polisie steeds na haar lewensmaat soek. Die paartjie het na bewering hul vier maande oue baba Donderdag na 'n bakleiery by 'n shebeen gelos, terwyl hul ander kind ook uit hul sorg…
18 Aug 6AM 1 min