Administrateur van studente-hulpskema mors blykbaar geld

Loading player...
Die vakbond Nehawu sê hy is bekommerd oor bewerings dat die administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente geld mors. Volgens berigte het professor Hlengani Mathebula vier tegniese raadgewers teen 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar gehuur en 200 000 rand aan huisvesting en reiskoste bestee. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê dis glo gedoen sonder die toestemming van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, soos deur die skema-wet vereis:
9 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Suikerrietwerkers hervat staking hoofsaaklik in KZN

Lede van die Voedsel- en Geallieerde Werkersvakbond, Fawu, in die suikervervaardigings- en -raffineringsbedryf het hul staking hervat ná ʼn dooiepunt in salaris-onderhandelings. Honderde werkers, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en ander suikerriet-streke, het hul poste by meulens en verwante bedrywighede verlaat. Die vakbonde Fawu, Amcu en die United Association of South Africa…
18 Aug 6AM 1 min

Winterreën bring verligting vir Suide-boere

Onlangse winterreën in die//Karas-streek verlig droogtetoestande vir boere en grondeienaars in suidelike Namibië, al was dit bitter koud. Dolf de Wet van die White House Guest Farm op plaas Michberg naby Grünau, sê die reënval het waterbronne en flora regoor die distrik 'n hupstoot gegee. Hy sê die reën bring…
18 Aug 6AM 1 min

Ouers los baba in shebeen: Meer maatskaplike werkers nodig

Reaksie word ontvang op die inhegtenisneming van 'n 34-jarige vrou van Mariental op aanklagte van kinderverwaarlosing, terwyl die polisie steeds na haar lewensmaat soek. Die paartjie het na bewering hul vier maande oue baba Donderdag na 'n bakleiery by 'n shebeen gelos, terwyl hul ander kind ook uit hul sorg…
18 Aug 6AM 1 min