Hou dadelik op om druipende leerlinge oor te plaas: Onderwysersunie

Loading player...
Die Onderwysersunie van Namibië het die regering versoek om die praktyk om leerders na die volgende graad oor te plaas sonder dat hulle aan die vereistes voldoen, onmiddellik te staak. Die unie se visepresident, Tjandero Tjituka, sê dit is een van die grootste bydraers tot die land se hoë druipsyfer. Hy het gepraat tydens 'n sitting met die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap en Jeugontwikkeling in Otjiwarongo.
9 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Winterreën bring verligting vir Suide-boere

Onlangse winterreën in die//Karas-streek verlig droogtetoestande vir boere en grondeienaars in suidelike Namibië, al was dit bitter koud. Dolf de Wet van die White House Guest Farm op plaas Michberg naby Grünau, sê die reënval het waterbronne en flora regoor die distrik 'n hupstoot gegee. Hy sê die reën bring…
18 Aug 6AM 1 min

Ouers los baba in shebeen: Meer maatskaplike werkers nodig

Reaksie word ontvang op die inhegtenisneming van 'n 34-jarige vrou van Mariental op aanklagte van kinderverwaarlosing, terwyl die polisie steeds na haar lewensmaat soek. Die paartjie het na bewering hul vier maande oue baba Donderdag na 'n bakleiery by 'n shebeen gelos, terwyl hul ander kind ook uit hul sorg…
18 Aug 6AM 1 min

All Blacks se Rennie gesels oor Saterdag

All Black-afrigter Dave Rennie verwag die Springbokke sal Saterdag op Ellispark aanhoudende druk op die besoekers plaas met hul kragtige vaste fasette om foute af te dwing. Die All Blacks gaan die eerste toets met selfvertroue tegemoet na oorwinnings oor die Stormers, Haaie en Bulle. Saula Ma'u het Ollie Norris…
18 Aug 5AM 1 min

Registrasie van sonkragstelsels: AfriForum waarsku oor heffings

AfriForum het kommer uitgespreek oor die nuwe konsepreëls van die energiereguleerder, Nersa, wat munisipaliteite en ander elektrisiteitsverspreiders kan dwing om registers van kleinskaalse sonkragstelsels te hou. Die organisasie waarsku die inligting kan later gebruik word om nuwe heffings in te stel vir huishoudings, boere en besighede wat sonkrag gebruik. Deidré…
18 Aug 5AM 1 min