Betoging teen Kavango Link-pyplyn

Loading player...
Die Kavango People's Forum gaan op 17 Julie teen die voorgestelde 7 miljard Namibiese dollar Kavango Link-waterpyplyn betoog. Die projek sal behels dat water uit die Okavangorivier onttrek word en per pyplyn na Grootfontein herlei word, en van daar na die sentrale gebiede. Die forum se voorsitter, Patrick Kashera, het Donderdag in Rundu gesê burgers het die grondwetlike reg om vreedsaam hul mening uit te spreek oor sake wat hul gemeenskappe en toekoms direk raak. Kashera is aan die woord.
9 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Winterreën bring verligting vir Suide-boere

Onlangse winterreën in die//Karas-streek verlig droogtetoestande vir boere en grondeienaars in suidelike Namibië, al was dit bitter koud. Dolf de Wet van die White House Guest Farm op plaas Michberg naby Grünau, sê die reënval het waterbronne en flora regoor die distrik 'n hupstoot gegee. Hy sê die reën bring…
18 Aug 6AM 1 min

Ouers los baba in shebeen: Meer maatskaplike werkers nodig

Reaksie word ontvang op die inhegtenisneming van 'n 34-jarige vrou van Mariental op aanklagte van kinderverwaarlosing, terwyl die polisie steeds na haar lewensmaat soek. Die paartjie het na bewering hul vier maande oue baba Donderdag na 'n bakleiery by 'n shebeen gelos, terwyl hul ander kind ook uit hul sorg…
18 Aug 6AM 1 min

All Blacks se Rennie gesels oor Saterdag

All Black-afrigter Dave Rennie verwag die Springbokke sal Saterdag op Ellispark aanhoudende druk op die besoekers plaas met hul kragtige vaste fasette om foute af te dwing. Die All Blacks gaan die eerste toets met selfvertroue tegemoet na oorwinnings oor die Stormers, Haaie en Bulle. Saula Ma'u het Ollie Norris…
18 Aug 5AM 1 min

Registrasie van sonkragstelsels: AfriForum waarsku oor heffings

AfriForum het kommer uitgespreek oor die nuwe konsepreëls van die energiereguleerder, Nersa, wat munisipaliteite en ander elektrisiteitsverspreiders kan dwing om registers van kleinskaalse sonkragstelsels te hou. Die organisasie waarsku die inligting kan later gebruik word om nuwe heffings in te stel vir huishoudings, boere en besighede wat sonkrag gebruik. Deidré…
18 Aug 5AM 1 min