VN veroordeel Rusland vir aanvalle op burgerlikes

Loading player...
Die Verenigde Nasies het kommer uitgespreek oor die toenemende Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Oekraïnse burgerlikes. In Junie is minstens 265 burgerlikes in Oekraïne dood en 1 816 beseer. Dis die hoogste gekombineerde ongevalle-syfer sedert die eerste maande ná Moskou se volskaalse inval in Februarie 2022. Oekraïne het ook sy aanvalle op Rusland verskerp en gekonsentreer op olieraffinaderye. Die VN-hoof van politieke sake, Rosemary DiCarlo, sê aanvalle op burgerlikes en burgerlike infrastruktuur is ʼn oortreding van internasionale menseregte-wette:
10 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min

Hoekom groei ekonomie nie: Venaani oor begroting

Die PDM-leier McHenry Venaani het die middelterym-begroting gekritiseer omdat dit nie die lewenskoste, behuising, sanitasie en boere se uitdagings voldoende aanspreek nie. Hy wou tydens die begrotingsdebat in die parlement weet hoe die hersiende bestedingsplanne gewone Namibiërs se lewens gaan verbeter. Hy het ook gepleit vir groter belegging in landbou…
23 Oct 10AM 1 min