VN veroordeel Rusland vir aanvalle op burgerlikes

Loading player...
Die Verenigde Nasies het kommer uitgespreek oor die toenemende Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Oekraïnse burgerlikes. In Junie is minstens 265 burgerlikes in Oekraïne dood en 1 816 beseer. Dis die hoogste gekombineerde ongevalle-syfer sedert die eerste maande ná Moskou se volskaalse inval in Februarie 2022. Oekraïne het ook sy aanvalle op Rusland verskerp en gekonsentreer op olieraffinaderye. Die VN-hoof van politieke sake, Rosemary DiCarlo, sê aanvalle op burgerlikes en burgerlike infrastruktuur is ʼn oortreding van internasionale menseregte-wette:
10 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

All Blacks se Rennie gesels oor Saterdag

All Black-afrigter Dave Rennie verwag die Springbokke sal Saterdag op Ellispark aanhoudende druk op die besoekers plaas met hul kragtige vaste fasette om foute af te dwing. Die All Blacks gaan die eerste toets met selfvertroue tegemoet na oorwinnings oor die Stormers, Haaie en Bulle. Saula Ma'u het Ollie Norris…
18 Aug 5AM 1 min

Registrasie van sonkragstelsels: AfriForum waarsku oor heffings

AfriForum het kommer uitgespreek oor die nuwe konsepreëls van die energiereguleerder, Nersa, wat munisipaliteite en ander elektrisiteitsverspreiders kan dwing om registers van kleinskaalse sonkragstelsels te hou. Die organisasie waarsku die inligting kan later gebruik word om nuwe heffings in te stel vir huishoudings, boere en besighede wat sonkrag gebruik. Deidré…
18 Aug 5AM 1 min

Cyril sluit SAOG-beraad af

President Cyril Ramaphosa sê besprekings by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se 46ste gewone beraad vir staats- en regeringshoofde het ʼn gedeelde vasberadenheid getoon om streeksintegrasie te versterk, samehorigheid te verbeter en saam te werk om probleme te takel. Hy het gisteraand in Durban die slotrede gelewer. Tydens die geleentheid is beraadslaag…
18 Aug 3AM 1 min

Standard Bank se leningsboek is vier keer die gemiddelde kredietkoers

Standard Bank Namibië se leningsportefeulje vir kliënte het in die eerste helfte van die jaar met 17,4 persent tot 29 miljard Namibiese dollar gegroei – vier keer die koers van kredietverlening in die privaatsektor, wat op 4,5 persent gestaan het. Die bank se woordvoerder, Elzita Beukes, sê dat dit die…
18 Aug 3AM 1 min

Trump verdedig afskaal van Suid-Korea militêre oefeninge

President Donald Trump van Amerika het kritiek verwerp dat hy voorkeur gee aan belange van teenstanders soos Nood-Korea, bo langtermyn-bondgenote. Hy sê sy benadering tot Noord-Korea se leier, Kim Jong Un, maak die wêreld veiliger. Dit volg nadat hy planne aangekondig het om militêre oefeninge met Suid-Korea, ʼn belangrike bondgenoot…
18 Aug 3AM 1 min