Cachalia verdedig R600m op sekuriteit tydens betogings

Loading player...
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as wydverspreide waninligting en opruiende retoriek teen die Suid-Afrikaanse regering. Die regering is gekritiseer oor die toekenning van 600-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir polisiëring tydens die 30 Junie-betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Cachalia het gister tydens ʼn vergadering van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie die media toegespreek, en gesê die regering is bewus van die finansiële, humanitêre en ekonomiese gevolge indien hy nie vir ernstige sekuriteit-bedreigings voorberei nie:
13 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump verdedig afskaal van Suid-Korea militêre oefeninge

President Donald Trump van Amerika het kritiek verwerp dat hy voorkeur gee aan belange van teenstanders soos Nood-Korea, bo langtermyn-bondgenote. Hy sê sy benadering tot Noord-Korea se leier, Kim Jong Un, maak die wêreld veiliger. Dit volg nadat hy planne aangekondig het om militêre oefeninge met Suid-Korea, ʼn belangrike bondgenoot…
18 Aug 3AM 1 min

DA sê 41 ambulanse in Johannesburg staan al 6 jaar

Die DA sê 41 ambulanse van die Stad Johannesburg, ter waarde van meer as 16 miljoen Suid-Afrikaanse rand, staan al ses jaar lank ongebruik terwyl inwoners onderhewig is aan lang wagtye vir nooddienste. Die party doen 'n beroep op 'n onafhanklike oudit om die toestand en waarde van die ambulanse…
18 Aug 3AM 1 min

Hifikepunye Pohamba herdenk 91ste verjaardag

Oudpresident Hifikepunye Pohamba herdenk sy 91ste verjaardag vandag. Hy het vanaf 2005 tot 2015 as die tweede president van Namibië gedien. Hy het die 2004 presidensiële verkiesing oorweldigend gewen as die kandidaat van Swapo en is in 2009 herkies. Pohamba was die president van die party van 2007 tot sy…
18 Aug 2AM 1 min

Misa verwerlkom Agoa verlenging

Die Motorbedryf-personeelvereniging het vordering verwelkom met die verlenging van die Afrika Groei- en Geleentheidswet. Die Amerikaanse Senaat het ten gunste van 'n verlenging van twee jaar van die program gestem, wat kwalifiserende Suid-Afrikaanse goedere toelaat om die VSA sonder invoerbelasting binne te gaan. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê dit…
18 Aug 2AM 1 min

Rassie sê hulle weet hoe die All Blacks wil speel

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verstaan maar alte goed hoe die All Blacks wil speel. Op hierdie stadium is daar kommer oor slegs twee beserings in die groep, met kaptein Siya Kolisi en stut Ox Nche wat dalk Saterdag se eerste toets op Ellispark kan misloop. Erasmus verwerp bewerings…
18 Aug 12AM 1 min