President Donald Trump van Amerika het kritiek verwerp dat hy voorkeur gee aan belange van teenstanders soos Nood-Korea, bo langtermyn-bondgenote. Hy sê sy benadering tot Noord-Korea se leier, Kim Jong Un, maak die wêreld veiliger. Dit volg nadat hy planne aangekondig het om militêre oefeninge met Suid-Korea, ʼn belangrike bondgenoot…
Die DA sê 41 ambulanse van die Stad Johannesburg, ter waarde van meer as 16 miljoen Suid-Afrikaanse rand, staan al ses jaar lank ongebruik terwyl inwoners onderhewig is aan lang wagtye vir nooddienste. Die party doen 'n beroep op 'n onafhanklike oudit om die toestand en waarde van die ambulanse…
Oudpresident Hifikepunye Pohamba herdenk sy 91ste verjaardag vandag. Hy het vanaf 2005 tot 2015 as die tweede president van Namibië gedien. Hy het die 2004 presidensiële verkiesing oorweldigend gewen as die kandidaat van Swapo en is in 2009 herkies. Pohamba was die president van die party van 2007 tot sy…
Die Motorbedryf-personeelvereniging het vordering verwelkom met die verlenging van die Afrika Groei- en Geleentheidswet. Die Amerikaanse Senaat het ten gunste van 'n verlenging van twee jaar van die program gestem, wat kwalifiserende Suid-Afrikaanse goedere toelaat om die VSA sonder invoerbelasting binne te gaan. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê dit…
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verstaan maar alte goed hoe die All Blacks wil speel. Op hierdie stadium is daar kommer oor slegs twee beserings in die groep, met kaptein Siya Kolisi en stut Ox Nche wat dalk Saterdag se eerste toets op Ellispark kan misloop. Erasmus verwerp bewerings…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.