NAB verheug oor druiwe-ooreenkoms met China

Loading player...
Die landbouministerie en China se Algemene Doeane-administrasie het amptelik 'n protokol onderteken wat die fitosanitêre vereistes vir die uitvoer van vars tafeldruiwe van Namibië na China vasstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Emilie Abraham, die bestuurder vir Tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad gepraat, wat die stap verwelkom.
14 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hifikepunye Pohamba herdenk 91ste verjaardag

Oudpresident Hifikepunye Pohamba herdenk sy 91ste verjaardag vandag. Hy het vanaf 2005 tot 2015 as die tweede president van Namibië gedien. Hy het die 2004 presidensiële verkiesing oorweldigend gewen as die kandidaat van Swapo en is in 2009 herkies. Pohamba was die president van die party van 2007 tot sy…
18 Aug 2AM 1 min

Misa verwerlkom Agoa verlenging

Die Motorbedryf-personeelvereniging het vordering verwelkom met die verlenging van die Afrika Groei- en Geleentheidswet. Die Amerikaanse Senaat het ten gunste van 'n verlenging van twee jaar van die program gestem, wat kwalifiserende Suid-Afrikaanse goedere toelaat om die VSA sonder invoerbelasting binne te gaan. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê dit…
18 Aug 2AM 1 min

Rassie sê hulle weet hoe die All Blacks wil speel

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verstaan maar alte goed hoe die All Blacks wil speel. Op hierdie stadium is daar kommer oor slegs twee beserings in die groep, met kaptein Siya Kolisi en stut Ox Nche wat dalk Saterdag se eerste toets op Ellispark kan misloop. Erasmus verwerp bewerings…
18 Aug 12AM 1 min

Vennootskappe nodig vir stroomaf mineraalverwerking

Old Mutual Namibië doen 'n beroep op strategiese vennootskappe tussen die regering, mynmaatskappye en institusionele beleggers om die land se agenda vir stroomaf-mineraalverwerking te finansier. Sara Mezui Engo, hoof van beleggings, sê dat namate die beleid oor mineraalwaarde-toevoeging finale vorm aanneem, plaaslike pensioenfondse en langtermynbesparings gemobiliseer moet word om ondersteunende…
18 Aug 12AM 1 min

Mercedes Benz vier 140 Jaar. 140 Plekke. Plaaslik ook...

Die Namibiese Toerismeraad, die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en M&Z Motors Namibia werk saam om Namibië in die middelpunt van Mercedes-Benz se "140 Jaar. 140 Plekke" wêreldwye herdenkingsreis te plaas wanneer dit van 22 tot 27 Augustus deur die land reis. NIPDB-woordvoerder Catherine Shipushu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê…
18 Aug 12AM 1 min