Bokke-hulpafrigter lugtig vir Wallis

Loading player...
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, waarsku dat Wallis Saterdag gevaarlik kan wees juis omdat hulle heel laaste op die Nasieskampioenskaps-ranglys is. Suid-Afrika mik na 'n derde oorwinning in die kompetisie nadat hulle reeds met Engeland en Skotland afgereken het. Wallis het vir Fidji geklop, maar teen Argentinië verloor. Suid-Afrika het Wallis in November verlede jaar sy grootste tuis-nederlaag ooit van 73-0 toegedien. Davids sê Wallis is nogtans ʼn baie mededingende span:
15 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump dreig Oman met aanvalle as hy 'inmeng'

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag gedreig om die VSA-bondgenoot Oman te bombardeer as dit "in die pad kom" van sy administrasie se gesprekke met Iran. Amerika en Oman het afsonderlik met Teheran onderhandel om die Straat van Hormuz te heropen. Vroeër die dag het Iranse amptenare gesê hulle is…
17 Aug 11PM 1 min

Besendings van Enalapril vir bloeddruk herroep in SA

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het vier besendings Enalapril tien milligram herroep, wat gebruik word om hoë bloeddruk te behandel. Dit volg nadat gehalteprobleme tydens inspeksies geïdentifiseer is. SAHPRA se woordvoerder, Rodgers Baloyi, sê apteke en verskaffers is opdrag gegee om die verkoop en verspreiding van die betrokke medisyne onmiddellik…
17 Aug 11PM 1 min

'Cat' Matlala ontken hy het oud-polisiegeneraal gunste gevra

Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala het bevestig hy ken die voormalige polisie-generaal Kgomotso Phahlane, maar het hom nooit gunste gevra of enige vergoeding aangebied nie. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het hom ontmoet toe hy nie meer in die polisie was nie. Matlala sê ook hy het die…
17 Aug 11AM 1 min

Landbou sal sowat N$8 miljoen vir ploegseisoen verskaf

Petrus Nangolo, adjunk-uitvoerende direkteur by die landbouministerie, sê die fondse wat na verwagting vir die komende ploegseisoen aangewend sal word, sowat 8 miljoen Namibiese dollar beloop. Dit sal gebruik word vir die herstel van toerusting vir boere, die aankoop van onderdele en brandstof, asook vir reiskoste van ministeriepersoneel wat by…
17 Aug 11AM 1 min