Ontdek jou stem

Loading player...
Wonder jy ook wat jou unieke rol in God se koninkryk is? Het jy al jou stem ontdek? Wil jy weet hoe jy met selfvertroue jou funksie as lid van Christus se liggaam kan uitvoer?
Madeleine gesels met bekroonde outeur en spreker, dr. Megan Bruiners, hieroor. Sy deel ook waarhede uit die Skrif oor die unieke rol wat jy het om te vervul in God se koninkryk.
17 Jul Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Om hulp te ontvang

As Christene, word daar van ons verwag om hulp te verleen. Maar sê nou maar die bordjies word skielik verhang, en jy is die een wat ’n weldaad en barmhartigheid benodig? Waarom is dit soms vir ons so moeilik om hulp te aanvaar? Madeleine gesels met Anèle Jansen van Rensburg,…
6 Nov 28 min

Stap jou pad met geloof

Vir baie jare teken Ria Ludick groot geloofsgebeure in haar familie aan, en in 2011 besluit sy om alles in ’n boek saam te vat. Dit is egter eers nadat sy afgetree het in 2023, dat sy in volle erns begin skryf en haar boek Geloofspad, uiteindelik die lig sien…
30 Oct 27 min

Jou wierookoffer

Billy Graham het gesê dat ware gebed nie net iets is wat jy in noodgevalle gebruik nie, maar dat dit eerder ’n lewenswyse behoort te wees. Maak ’n gewoonte daarvan, en wanneer ’n noodgeval wel opduik, sal jy reeds in oefening wees om te bid. Soms het ons egter so…
23 Oct 28 min

Spesiaal geskape

Carla Cronjé en haar man het vier pragtige kinders, waarvan die jongste, Matthys, met Downsindroom en outisme gediagnoseer is. In haar onderhoud met Madeleine, deel Carla waarom Matthys spesiaal is, en watter groot geskenk die outisme-bystandhond, Farrel, vir Matthys en hulle as ’n gesin is. Madeleine kyk ook na wat…
16 Oct 29 min

Galasiërs vir jou reis

Madeleine kyk in diepte na die brief wat Paulus aan die Galasiërs geskryf het en hoe jy dit op jou Christen Reis kan toepas. Sy fokus veral op die Vrug van die Gees en bespreek elk van die nege eienskappe van ’n Geesvervulde lewe breedvoerig.
9 Oct 31 min