Die tema vir vanjaar se Nasionale Museum jong kunstenaars kompetisie is “My museum, my kuns.”

Loading player...
Vanjaar se kompetisie moedig jong kunstenaars aan om te wys wat die Nasionale Museum in Bloemfontein vir hulle beteken – nie net die gebou self nie, maar ook die stories, herinneringe, voorwerpe, verbeelding en ervarings wat daarmee verband hou. Leerders kan in drie kategoriee deelneem en daar is lekker kontantpryse op die spel. Carien van Eck van die Nasionale Museum sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop met al die inskrywings besonderhede. Loer gerus by https://nasmus.co.za/category/news/
28 Jul English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min