Bibi sê hy en Trump het dieselfde doelwitte

Loading player...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump van Amerika as “een van die beste gesprekke” wat hulle nog gehad het. Die twee leiers het agter geslote deure by die Withuis vergader, die eerste keer sedert die gesamentlike oorlog teen Iran begin het. Die Withuis sê die ontmoeting was positief en produktief. Netanyahu het aan Fox News gesê sy verhouding met Trump is sterk, en bygevoeg hulle het ʼn gemeenskaplike doelwit teen Iran:
29 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
22 Oct 12AM 4 min

Rusland gereed om vredesgesprekke te hervat

Rusland is in beginsel gereed om samesprekings met Amerika en Oekraïne oor die beëindiging van die oorlog in Oekraïne te hervat, volgens Yuri Ushakov, 'n senior assistent van Russiese president Vladimir Putin. Hy het gepraat nadat Putin Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, in Sint Petersburg ontmoet…
21 Oct 11PM 1 min

DA eis vinniger hervormings vir werkskepping

Die DA sê die regering het vinniger en meer ambisieuse ekonomiese hervormings nodig om groei te bevorder en werksgeleenthede te skep. Die party verwelkom die Nasionale Tesourie se planne om staatskuld te stabiliseer, maar die ekonomiese groeivoorspelling van 1,2-persent is te laag om 'n betekenisvolle verskil aan werkloosheid te maak…
21 Oct 11PM 1 min

SA finansminister verlaag brandstofheffing vir nou

Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die…
21 Oct 11AM 1 min