Sanral was nie opgewasse om R9,5 miljard tender toe te ken nie

Loading player...
Die uittredende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Reginald Demana, erken die agentskap was nie opgewasse om die padonderhoud-tender van 9,5-miljard Suid-Afrikaanse rand aan ʼn paneel van 20 maatskappye toe te ken nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het die tender ongrondwetlik en onregmatig verklaar nadat twee konstruksiemaatskappye, BCB Solutions en Botle Ba Afrika Roads, Sanral se besluit om hul bod te verwerp, uitgedaag het. Demana sê die agentskap het in verskeie hofsake tweede gekom weens probleme met sy verkrygingsprosesse en -praktyke:
29 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zaamwani oorweeg bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite

Landbouminister Inge Zaamwani sê ministeriebeamptes sal veesiektebeheerposte inspekteer om die behoefte aan bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite te bepaal te midde van die bek-en-klouseer-uitbreking. Sy het dié onderneming in die Nasionale Vergadering gegee nadat Affirmative Repositioning-LP Fredrick Shitana kommer uitgespreek het dat voertuie deur kontrolepunte kan beweeg sonder om ontsmet te word. Die…
22 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
22 Oct 12AM 4 min

Rusland gereed om vredesgesprekke te hervat

Rusland is in beginsel gereed om samesprekings met Amerika en Oekraïne oor die beëindiging van die oorlog in Oekraïne te hervat, volgens Yuri Ushakov, 'n senior assistent van Russiese president Vladimir Putin. Hy het gepraat nadat Putin Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, in Sint Petersburg ontmoet…
21 Oct 11PM 1 min

DA eis vinniger hervormings vir werkskepping

Die DA sê die regering het vinniger en meer ambisieuse ekonomiese hervormings nodig om groei te bevorder en werksgeleenthede te skep. Die party verwelkom die Nasionale Tesourie se planne om staatskuld te stabiliseer, maar die ekonomiese groeivoorspelling van 1,2-persent is te laag om 'n betekenisvolle verskil aan werkloosheid te maak…
21 Oct 11PM 1 min