Nigerië het sy eerste Ebola-geval aangemeld in ʼn vrou wat van Uganda na Abuja gereis het. Die Demokratiese Republiek van die Kongo beleef sy dodelikste Ebola-uitbreking in die geskiedenis weens die skaars Bundibugyo-stam. Minstens 4 600 mense is dood en meer as 9 500 gevalle aangeteken. Kenia het vroeër die…
Die toerismesektor het die nasionale kamerbesettingsyfer van voor die pandemie in die derde kwartaal vanjaar oortref. Kamerbesettings van 66,5 persent en bedbesettings van 58,9 persent was hoër as beide die 2025- en 2019-vlakke. Volgens Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het sterk reisvraag uit Sentraal-Europese bronmarkte die…
NASCAM sê ondernemings moet lisensiegeld betaal wanneer hulle musiek kommersieel gebruik, sodat musikante en komponiste billik vir hul werk vergoed kan word. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze, erken dat die organisasie se kommunikasie en streeksverteenwoordiging tekortgeskiet het. Dit het daartoe bygedra dat sommige sake-eienaars onkant gevang is deur verskerpte…
Die land versterk sy stryd teen bek-en-klouseer, met inentingsveldtogte wat momentum opbou in die //Kharas- en Zambezi-streke. In Karasburg is 1 296 beeste op 25 plase ingeënt, terwyl meer as 42 286 beeste by 34 inentingsposte op Kalala-eiland en in omliggende gemeenskappe in die Zambezi-streek ingeënt is. Woordvoerder van die…
Namibië se bek-en-klouseerkrisis sal na verwagting ’n groot hap uit finansminister Ericah Shafudah se hersiene mediumtermynbegroting neem, wat Donderdagmiddag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Kosmos 94.1 Nuus se Fritz Platt het meer:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.