Banyana in maak-of-breek Wêreldbeker-uitspeelstryd

Loading player...
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle sal alles moet uithaal in vanaand se wedstryd teen hulle aartsvyand, Nigerië, in Marokko. Die wenner sal deurdring na FIFA se Tussenkonfederasie-uitspeelwedstryde en is steeds in tel vir 'n plek in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië. Albei kon nie daarin slaag om die halfeindronde van die Afrikabekertoernooi te haal nie, wat outomatiese kwalifisering sou gewaarborg het. Ellis verwag 'n moeilike wedstryd:
13 Aug 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mauritius se hotelle steeds gewild ondanks onrus

Jean Michel de Senneville, ’n voormalige Mauritiaanse diplomaat, sê toeriste het nie hul besprekings vir die komende Kersvakansie gekanselleer nie, ondanks die betogings en aandklokreël. Die regering het die aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste gewelddadig geraak het. Volgens De Senneville staan besprekings by vyfsterhotelle steeds op…
21 Oct 5AM 1 min

Hyundai herroep 253 Tucson-voertuie oor kommer oor lugsaksensors

Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het om veiligheidsredes 253 Hyundai Tucson NX4-voertuie herroep, wat verlede jaar regoor Suid-Afrika verkoop is. Die herroeping volg na kommer dat die sensors vir kantbotsinglugsakke in sommige voertuie nie aan die korrekte spesifikasies voldoen nie. Phetho Ntaba van die kommissie sê Hyundai sal diagnostiese toerusting…
21 Oct 5AM 1 min

Windhoek-motoriste meestal in die kol tydens Roadwatch 

Dit lyk of Windhoek-motoriste vanoggend hul beste voetjie voorgesit het, met rustige paaie en slegs een motoris wat gewaarsku is omdat sy voertuig oorlaai was tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag. 
21 Oct 4AM 1 min

Namibiër deel sy ervaring van onrus in Frankryk 

Frankryk berei voor vir verdere betogings die naweek ná dae van geweld, plundering en skade aan openbare geboue en ondernemings in verskeie stede. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiër Louis Jansen van Vuuren gepraat oor sy reaksie op die onrus en hoe hy die situasie in Parys ervaar. 
21 Oct 4AM 1 min