Gendev-bestuur, raad moet vervang word: IPC-streekvoorsitter

Loading player...
Meer as 600 werkers van Gendev Fishing Group kamp al vir sowat 20 dae buite die maatskappy se perseel in Walvisbaai weens 'n onopgeloste loongeskil. Die geskil handel oor werkers se basiese salarisse en 'n voorstel deur die maatskappy om slegs 70 persent van die ooreengekome salaris te betaal wanneer bedrywighede verminder word. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-streekvoorsitter vir die Erongo-streek, Aloisius Kangulu, gepraat wat sê die kwessie behoort nou al opgelos te gewees het, en dat die hele bestuur en raadslede vervang moet word.
13 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mauritius se hotelle steeds gewild ondanks onrus

Jean Michel de Senneville, ’n voormalige Mauritiaanse diplomaat, sê toeriste het nie hul besprekings vir die komende Kersvakansie gekanselleer nie, ondanks die betogings en aandklokreël. Die regering het die aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste gewelddadig geraak het. Volgens De Senneville staan besprekings by vyfsterhotelle steeds op…
21 Oct 5AM 1 min

Hyundai herroep 253 Tucson-voertuie oor kommer oor lugsaksensors

Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het om veiligheidsredes 253 Hyundai Tucson NX4-voertuie herroep, wat verlede jaar regoor Suid-Afrika verkoop is. Die herroeping volg na kommer dat die sensors vir kantbotsinglugsakke in sommige voertuie nie aan die korrekte spesifikasies voldoen nie. Phetho Ntaba van die kommissie sê Hyundai sal diagnostiese toerusting…
21 Oct 5AM 1 min

Windhoek-motoriste meestal in die kol tydens Roadwatch 

Dit lyk of Windhoek-motoriste vanoggend hul beste voetjie voorgesit het, met rustige paaie en slegs een motoris wat gewaarsku is omdat sy voertuig oorlaai was tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag. 
21 Oct 4AM 1 min

Namibiër deel sy ervaring van onrus in Frankryk 

Frankryk berei voor vir verdere betogings die naweek ná dae van geweld, plundering en skade aan openbare geboue en ondernemings in verskeie stede. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiër Louis Jansen van Vuuren gepraat oor sy reaksie op die onrus en hoe hy die situasie in Parys ervaar. 
21 Oct 4AM 1 min