Jean Michel de Senneville, ’n voormalige Mauritiaanse diplomaat, sê toeriste het nie hul besprekings vir die komende Kersvakansie gekanselleer nie, ondanks die betogings en aandklokreël. Die regering het die aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste gewelddadig geraak het. Volgens De Senneville staan besprekings by vyfsterhotelle steeds op…
Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het om veiligheidsredes 253 Hyundai Tucson NX4-voertuie herroep, wat verlede jaar regoor Suid-Afrika verkoop is. Die herroeping volg na kommer dat die sensors vir kantbotsinglugsakke in sommige voertuie nie aan die korrekte spesifikasies voldoen nie. Phetho Ntaba van die kommissie sê Hyundai sal diagnostiese toerusting…
Dit lyk of Windhoek-motoriste vanoggend hul beste voetjie voorgesit het, met rustige paaie en slegs een motoris wat gewaarsku is omdat sy voertuig oorlaai was tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag.
Frankryk berei voor vir verdere betogings die naweek ná dae van geweld, plundering en skade aan openbare geboue en ondernemings in verskeie stede. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiër Louis Jansen van Vuuren gepraat oor sy reaksie op die onrus en hoe hy die situasie in Parys ervaar.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.